VAKLEERLINGSKAP
12 Maande program by Prieska Pistachio Company vir 'n junior produksie bestuurder van pistachios in samewerking met


Die toekoms van die Suid-Afrikaanse pistachio-industrie rus in die hande van ons jeug – en jy kan deel wees van hierdie groeiende sektor!
Ons jaarlange vakleerlingskap, met trots geborg deur Anglo American en in samewerking met Vine Academy, bied ‘n unieke geleentheid om die volgende generasie Pistachio Produksie Bestuurders op te lei. As jy ‘n passie vir landbou het en graag praktiese ervaring wil opdoen terwyl jy onmisbare bestuurs- en produksievaardighede aanleer, dan is hierdie program vir jou!
​
Hierdie vakleerlingskap het ‘n sterk teoretiese en praktiese inslag, tesame met ‘n fokus op die ontwikkeling en groei van jou as 'n leier, bestuurder en mens.
Met die voltooing van hier vakleeringskap sal jy ‘n stewige fondasie hê in die produksie van Pistachios en reg wees om ‘n waardevolle bydrae te maak by jou volgende werk.
​
Jy staan ook die kans om 'n geleentheid te kry as 'n Junior Produksie Bestuurder by Anglo American se Iron Orchards in die Noord Kaap met die voltooing van die vakleerlingskap.

Program Oorsig
Vakleeringskap
​
-
Vakleerlingskap begin die 1ste April 2025
-
Vakleerlingskap is gebaseer in Prieska.
-
Vakleerlinskap is voltyds met 12 maande vaste-tydperk indiensname kontrak
-
Jy ontvang 'n maandelikse Salaris
-
Jy kry gratis verblyf met water en elektrisiteit
-
Jy kry teoretiese opleiding
-
Jy kry praktiese ervaring
-
Jy ondergaan persoonlike ontwikkeling


Vakleerlingskap Aansoek
Kriteria
-
Jy het 'n 'Farmers Work Ethic'
-
Jy wil 'n loopbaan in landbou najaag
-
Jy is pligsgetrou, eerlik, betroubaar
-
Jy is 'n Suid Afrikaanse Burger
-
Jy het matriek met wiskunde of wetenskap as 'n vak
-
Jy kan Engels of Afrikaans praat en skryf.
-
Jy kan met 'n rekenaar werk.
-
Jy is nie tans besig om erens te studeer nie.
-
Jy is nie tans voltyds in diens nie.
-
Enige vorige landbou ervaring of opleiding sal sterk in jou guns tel
Doen Aansoek
​Om aansoek te doen vir hierdie geleentheid email vir ons die volgende
Jou Curriculum Vitae (CV)
Jou Matriek Sertifikaat
Enige ander ondersteunende dokumentasie
Tesame met die rede hoekom jy aansoek doen vir hierdie geleentheid
(Jy kan ook hierdie email gebruik vir enige navrae)​
​
Aansoeke sluit die 10 Maart.